Wie is Ons?
Wippie en Snippie Speelskool is geleë in Springfontein, Stellenberg. Ons is ‘n halfdag speelskool met voor en nasorg opsies en ‘n warm huislike atmosfeer. Ons gee aan elke Wippie en Snippie die geleentheid om te leer deur te speel en hope pret te hê. Kinders leer die beste deur middel van speel, beweging, ondekking en gestruktureerde opvoedkundige stimulering. Ons eerste prioriteit is egter om elke maatjie geliefd, gelukkig en veilig te laat voel om sodoende hulself tot volle potensiaal te laat ontwikkel en ook sosiale ontwikkeling te laat plaasvind op ‘n gepaste manier. Ons probeer by Wippie en Snippie om die maatjies se eerste kennismaking in ‘n skooltjieomgewing positief te hou. Die resultaat is dan gelukkige en positiewe kinders met baie selfvertroue.
Alle maatjies van
2 – 5 jaar is welkom!
Maandag tot Vrydag
8:30 tot 13:00
( 08:00 opsie ook beskikbaar )
( nasorg opsie tot 14:30 )
Ons leer deur te speel,
gee individuele aandag aan elkeen en laat hulle toe om veilig en geliefd te voel asook om te groei en te ontwikkel op 'n unieke manier
Wat maak Ons anders?
Ons gee individuele aandag as gevolg van klein, intieme klassie
Ons bied twee weeklikse temas gebaseer op die ELDA kurrikulum.
Ons het toegang tot verskeie terapeute regdeur die jaar
Christelike waardes en beginsels
Uitstekende sekuriteit
Ekstra aktiwiteite
Opgeleide en toegeweide personeel met noodhulp (opvolgkursesse word gereeld bygewoon)
Pret dae regdeur die jaar Paashaaskuier, Pannekoekdag, Lentetee, Kermis en Konsert.
Ruim speelareas
Ons Dagprogram
Aankoms
Vryspel Binne of Buite
Bybel, temabespreking, weer en mattyd
Kossietyd
Toiletroetine
Skeppende en opvoedkundige aktiwiteite
Vryspel Binne of Buite
Musiek / Beweging / Motoriese oefeninge
Opruim / Toiletroetine
Storietyd
Huis toe gaan tyd